Nooline & Vicki-Ann

Home  /  Uncategorized  /  Nooline & Vicki-Ann

On June 28, 2016, Posted by , In Uncategorized, With No Comments

Goeie more Nooline asook Vicki-Ann

Nooline ek wil jou baie graag bedank vir al jou tyd, geduld en raad/leiding wat jy openbaar het met die beplanning en reël van ons vakansie in Thailand.

Al die reëlings was absoluut puik – vanaf die vliegtuig, verblyf, “transfers” en besienswaardigheid toere wat ingesluit was. Alles het reg verloop en kon nie beter nie.

Jul agent in Thailand (Perfect Destinations) het blykbaar van ‘n sub-kontrakteur “Tours East” gebruik gemaak – hul diens was net so puik en ons kan dit net hoogs aanbeveel want die drywers was eerder te vroeg as te laat om ons te kom optel vir die “transfers”.

Baie dankie weereens vir al jou moeite en geduld met ons besluiteloosheid wat op ‘n stadium ingetree het en die leiding/aanbevelings wat jy wel gemaak het.

Soos ‘n sekere advertensie op TV sê:  “GIVE THAT MAN A BELLS” – ek hoop en vertrou dat hierdie skrywe vir jou (Nooline) iets sal beteken.

Vicki-Ann ons vertrou dat hierdie skrywe ‘n regmerkie agter Nooline se naam sal maak.

Groete

Theo en Elize Muller

Leave a Reply